Sa Gemeente Londen Preke - Audio

Informações:

Sinopse

Die nuutste audio preke vanaf SA Gemeente Londen

Episódios

  • The Cost of the Cross - Week1 (Audio)

    10/03/2019 Duração: 32min

    Dalk gaan ons baie gemaklik (te maklik) om met Jesus se kruis, of in ander woorde het ons moontlik al so gewoond geraak daaraan dat die geweld en gruwel en pyn en God-verlatenheid daarvan ons nie meer so raak nie. Jesus is doodgemaak aan die kruis.

  • Ignite - Week5 (Audio)

    17/02/2019 Duração: 30min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Ignite - Week4 (Audio)

    10/02/2019 Duração: 29min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Ignite - Week3 (Audio)

    27/01/2019 Duração: 26min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Ignite - Week2 (Audio)

    20/01/2019 Duração: 32min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Bridging the Gap - Week 4 (Audio)

    14/10/2018 Duração: 36min

    Om die gaping oor te steek tussen ons en God, tussen wie ons is en wie ons kan wees gaan van ons vra om meer committed te wees. Romeine 12:1-3 verstaan commitment as “…gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.” Ons word uitgedaag om nuut te gaan dink oor wat die beteken om ge-offer te word.

  • Bridging the Gap - Week 3 (Audio)

    23/09/2018 Duração: 25min

    Gebed is die fixed point, die vaste punt waar jy gevorm word en van waar jy jou mense en die wêreld om jou vorm. Wie ons besig is om te word, word bepaal deur die roetines wat ons elke dag volg en die geestelike praktyke waarvoor ons elke dag in ons lewens plek maak.

  • Bridging the Gap - Week 2 (Audio)

    16/09/2018 Duração: 46min

    Dit is ons konneksie met ander mense wat ons in staat stel om dieper te groei. Op ons eie volg mense baie makliker die pad van minder weerstand, maar dit is net as jy ge-challenge word, dat jy kan diep word. God gaan ons aanhou bly uitdaag hieroor en aanhou om ons te soek: Waar is jy en Waar is jou broer?

  • Bridging the Gap - Week 1 (Audio)

    09/09/2018 Duração: 24min

    Sonder God se Woord is ons niks, het ons niks. Die Bybel staan in die kern van ons geloof en die mate waarin ek gaan toelaat dat die Bybel my denke, en gedrag en keuses gaan vorm is die mate waarin ek dieper in my verhouding met die Here gaan groei.

  • Psalms - Week 2 (Audio)

    26/08/2018 Duração: 40min

    Psalm 84 In ons lewens en in die wêreld het iets geskuif wat maak dat God en sy Woord al hoe ‘n kleiner rol speel. Psalm 84 begin met die woorde: “Hoe lief het ek u woning, Heer!” Niks was vir ‘n Jood belangriker as om by die tempel uit te kom nie. Dit was ‘n refleksie van sy toewyding aan God, die hoogtepunt van sy verhouding met God en daarom wou hy daar wees. Omdat God vir hom belangrik is, wou hy daar wees. Die uitdaging is om weer eerlik te wees oor hoe belangrik God vir ons is.

  • Pslams - Week 1 (Video)

    12/08/2018 Duração: 24min

    Psalms week 1 - Psalm 139 God ken al ons geheime, alles wat ons dink en oor droom, alles wat ons vrees en oor bekommerd is, alles. Ons kan vir God niks wegsteek nie. Hierdie ontdekking is nie bedoel om ons in ‘n blik te druk nie, maar eerder om ons te help om te ontdek dat geloof beteken ons het ‘n God wat die heeltyd nader aan ons beweeg, my lewe is oop voor Hom en Hy gee werklik om.

  • #Jesus - Week 4

    15/04/2018 Duração: 38min

    #Jesus - Week 4

  • #Jesus - Week 3

    08/04/2018 Duração: 27min

    Guest preacher Johnny Hodges from Birmingham speaks further on the topic of following Jesus, the next sermon in our #Jesus series.

  • #Jesus - Week 2

    25/03/2018 Duração: 31min

    Wie is Jesus? “Hy is die Lig vir die wêreld. Wie Hom volg sal nooit in duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Joh 8:12. Hoekom glo jy Jesus en hoekom volg jy Jesus? Niks is belangriker as jou antwoord op hierdie vraag nie. Jesus se belofte is om ons uit duisternis uit te lei en lig te bring in ons lewens. Dit gee lewe. En ons volg Jesus om hiervan te getuig!

  • #Jesus - Week1

    18/03/2018 Duração: 38min

    As Johannes die Doper vir Jesus sien, dan sê hy in Johannes 1:29 “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” Wie was Jesus? Die Lam wat geslag moes word, sodat ons vry kan word. Hy sterf om ons sonde weg te neem, om volledig daarvoor te betaal. Om Jesus te volg beteken dat jy glo dat Hy jou sonde wegneem. En sy uitnodiging is: “Kom saam, dan sal julle sien!” – of in ander woorde: “Volg My!” - Joh 1:39

  • Speak Life - Week 4

    11/03/2018 Duração: 34min

    Soek jy beter verhoudings? Spreuke 18:21 daag ons uit om ons woorde versigtig op te weeg, omdat dit die potensiaal het om lewe of dood in onsself en in ander tot gevolg te hê. Matteus 12:33-37 wil ons waarsku dat ons woorde maar net ‘n uitvloeisel is van dit wat in jou hart leef.

  • Speak Life - Week 2

    18/02/2018 Duração: 40min

    Op een of ander manier moet ons die siklus van negatief praat met onsself en dink oor onsself breek. Ongelukkig breek ons onsself baie keer eerder af met ons eie woorde en gedagtes. Met die tweede preek in die reeks word ons uitgedaag om hierdie siklus te breek deur God op sy Woord en Beloftes te vat – ons moet begin om na ‘n ander stem oor ons te luister. Ek moet God se alternatief (sy ander woorde) leer ken, deur dit meer te lees, daaroor na te dink en die waarheid daarin te begin glo oor my lewe

  • Speak Life - Week 1

    11/02/2018 Duração: 46min

    Our first conversation before we open our mouths must be a silent one with God. Ons woorde het groot krag. Elke keer as ek praat verraai ek hoe ek vaar in 4 ander gesprekke– met God, myself, die vyand en ander. Ons moet nuut die waarde ontdek om eers met God te praat voordat ons in enige gesprek met ander (en onsself) betrokke raak. Ons mag glo dat God nog steeds met ons wil praat omdat hierdie verhouding vir Hom belangrik is, en die uitdaging is om weer te leer om nuut in te skakel om na God te luister.

  • A Fresh Start - Week 4

    28/01/2018

    Josua is aan die einde van sy lewe en na ‘n lang pad saam met die Here het hy net een boodskap: Kies die Here! Daar is groot waarde daaraan om ons verhouding met die Here nuut te bevestig, veral omdat ons soms vergeet wie en hoe Hy is, omdat ons soms ontnugter en eenvoudig verveeld raak – terwyl God die heeltyd committed bly aan ons!

  • A Fresh Start - Week 3

    21/01/2018

    Sonde vernietig mense se lewens en ons moet die impak daarvan nooit onderskat nie. In Josua 7 verslaan Ai se mense die magtige Israeliete omdat Akan gesondig het. Ons sien dat God bae ernstig is oor sonde, maar daar is ‘n pad terug. God wil vergewe en die plek om te begin is om soos Josua op jou knieë voor die Here te staan. Dit is ons konneksie met God wat ons red!

página 1 de 25