Sa Gemeente Londen Preke - Audio & Video

Informações:

Sinopse

Die nuutste audio en video preke vanaf SA Gemeente Londen

Episódios

  • The Cost of the Cross - Week1 (Audio)

    10/03/2019 Duração: 32min

    Dalk gaan ons baie gemaklik (te maklik) om met Jesus se kruis, of in ander woorde het ons moontlik al so gewoond geraak daaraan dat die geweld en gruwel en pyn en God-verlatenheid daarvan ons nie meer so raak nie. Jesus is doodgemaak aan die kruis.

  • Ignite - Week5 (Audio)

    17/02/2019 Duração: 30min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Ignite - Week4 (Audio)

    10/02/2019 Duração: 29min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Ignite - Week3 (Audio)

    27/01/2019 Duração: 26min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Ignite - Week2 (Audio)

    20/01/2019 Duração: 32min

    “Daar is ‘n ander manier waarop jy kan leef wat in jou en die mense rondom jou en die wêreld waarin jy leef ‘n baie groter en dieper verskil gaan maak... maar dit gaan van jou vra om heeltemal te verander.”

  • Bridging the Gap - Week 4 (Audio)

    14/10/2018 Duração: 36min

    Om die gaping oor te steek tussen ons en God, tussen wie ons is en wie ons kan wees gaan van ons vra om meer committed te wees. Romeine 12:1-3 verstaan commitment as “…gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.” Ons word uitgedaag om nuut te gaan dink oor wat die beteken om ge-offer te word.

  • Bridging the Gap - Week 3 (Audio)

    23/09/2018 Duração: 25min

    Gebed is die fixed point, die vaste punt waar jy gevorm word en van waar jy jou mense en die wêreld om jou vorm. Wie ons besig is om te word, word bepaal deur die roetines wat ons elke dag volg en die geestelike praktyke waarvoor ons elke dag in ons lewens plek maak.

  • Bridging the Gap - Week 2 (Audio)

    16/09/2018 Duração: 46min

    Dit is ons konneksie met ander mense wat ons in staat stel om dieper te groei. Op ons eie volg mense baie makliker die pad van minder weerstand, maar dit is net as jy ge-challenge word, dat jy kan diep word. God gaan ons aanhou bly uitdaag hieroor en aanhou om ons te soek: Waar is jy en Waar is jou broer?

  • Bridging the Gap - Week 1 (Audio)

    09/09/2018 Duração: 24min

    Sonder God se Woord is ons niks, het ons niks. Die Bybel staan in die kern van ons geloof en die mate waarin ek gaan toelaat dat die Bybel my denke, en gedrag en keuses gaan vorm is die mate waarin ek dieper in my verhouding met die Here gaan groei.

  • Psalms - Week 2 (Audio)

    26/08/2018 Duração: 40min

    Psalm 84 In ons lewens en in die wêreld het iets geskuif wat maak dat God en sy Woord al hoe ‘n kleiner rol speel. Psalm 84 begin met die woorde: “Hoe lief het ek u woning, Heer!” Niks was vir ‘n Jood belangriker as om by die tempel uit te kom nie. Dit was ‘n refleksie van sy toewyding aan God, die hoogtepunt van sy verhouding met God en daarom wou hy daar wees. Omdat God vir hom belangrik is, wou hy daar wees. Die uitdaging is om weer eerlik te wees oor hoe belangrik God vir ons is.

  • #Jesus - Week 4

    15/04/2018 Duração: 38min

    #Jesus - Week 4

  • #Jesus - Week 2

    25/03/2018 Duração: 31min

    Wie is Jesus? “Hy is die Lig vir die wêreld. Wie Hom volg sal nooit in duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Joh 8:12. Hoekom glo jy Jesus en hoekom volg jy Jesus? Niks is belangriker as jou antwoord op hierdie vraag nie. Jesus se belofte is om ons uit duisternis uit te lei en lig te bring in ons lewens. Dit gee lewe. En ons volg Jesus om hiervan te getuig!

  • Sondag, 30 Julie 2017

    30/07/2017

    Andre Harmzen se preekopname van Sondag, 30 Julie 2017

  • Sondag, 11 Junie 2017

    11/06/2017

    Rian se preekopname van Sondag, 11 Junie 2017

  • Die Lydensweg van Jesus 2

    02/04/2017 Duração: 37min

    Paulus skryf in Romeine 5:1-11 dat Jesus se kruisdood baie meer vir ons wil kom doen as wat ons soms besef: Dit bring vrede met God wat sorg vir ons verlede (v 1); dit skep vrye toegang tot God wat sorg vir vandag (v 2) ; en gee hoop wat sorg vir ons toekoms (v 2b-5). Wat dit nog meer aangrypend maak is dat dit gebeur het toe ons nog magteloos was (v 6), sondaars was (v 8) en vyande van God was (v 10)! Hy sterf vir ons sonder dat ons dit ooit kan verdien.

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 8

    12/03/2017 Duração: 39min

    Openbaring wil ons leer dat God finaal die satan gaan verslaan. Jesus het aan die kruis die duiwel en die dood oorwin, en die finale oorwinning is gewaarborg. Tog weet ons dat die duiwel aktief besig is om ons te versoek en lewens te vernietig. Jesus leer ons bid in die Onse Vader: "Verlos ons van die bose...". Hy is self deur die duiwel versoek. Maar, ons weet dat die duiwel klaar verslaan is, en dat God die finale oorwinning gaan behaal - Openbaring 17:14. God sit klaar op die troon!

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 5

    19/02/2017 Duração: 43min

    Openbaring 4 en 5 neem Johannes in God se troonsaal in. Dit is opwindend om te sien dat die deur na die hemel toe oop is (4:1). En keer op keer is die reaksie om God te loof en te prys, te worship. Worship help ons om te onthou dat ons God op die troon sit en heers (4:2), dat ons nooit alleen is nie, dat Jesus ons lewens en toekoms in sy hande vashou en daarom kan ons sing.

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 4 (audio)

    12/02/2017 Duração: 31min

    Ons backslide almal. Daar is tye in ons almal se lewens waar ons ver van die Here af is. Johannes skryf oor die 7 gemeentes dieselfde. En daarvoor het ons almal ‘n verandering/metanoia/bekering nodig. Maar Johannes is ook opgewonde oor die commitment van hierdie gemeentes. Geloof speel meestal af tussen hierdie 2 pole: tye van commitment en tye van afsydigheid. Sy uitdaging vir die gemeentes is dat hulle nie moet opgee nie, want die Here gee nie op op ons nie – “Hy staan by die deur en Hy klop…"

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 3 (audio)

    05/02/2017 Duração: 26min

    Enige kerk of gemeente by ‘n kruispad moet ontdek dat die Here by sy kerk is. Die kerk is vir die Here belangrik. Elke gemeente is vir die Here belangrik. In die briewe aan die 7 gemeentes (Openb 2 en 3) is dit baie duidelik dat hierdie gemeentes nie volmaak is nie. Elkeen het foute, worstel met sekere sake, en moet verander - en die Here om hulle uit te daag.Die Here is nog nie klaar met sy kerk en met elkeen van ons nie. Elkeen het kerk nodig om ons te help om te bly glo, ons het almal nodig om connected

  • Kerk by 'n Kruispad - Week 2 (audio)

    29/01/2017 Duração: 30min

    Woorde skep. Dit bring lewe of maak dood. Met woorde bou ons op of breek ons af. Die Bybel skep ook. Dit is God se Woord. Dit is God se woorde waarmee Hy lewe wil bring, waarmee Hy wil vorm, opbou en nuut maak. Openbaring 1:8 sê dat Jesus die “een is wat was en is en wat kom... die Alfa en die Omega... die Eerste en die Laaste...” Hy skep hemel en aarde met woorde. Elke keer as ek die Bybel lees, wil God daarmee in my skep, iets nuut in my doen. Hy wil my ‘n nuwe mens maak deur sy Woord en woorde. Hou aan

página 1 de 23